Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:10 Die Boodskap (DB)

Hulle is van daar af na Matteus se huis toe. Daar gekom, nooi Matteus ’n groot klomp van sy vriende vir aandete. Saam met Jesus en sy dissipels was daar natuurlik ook ’n hele klomp mense met wie die Jode nooit eens saam aan ’n tafel gesien wou wees nie. Daar was nog tollenaars en dan ook mense wat deur die Jode as sogenaamde sondaars uitgeskel is. Dit was mense wat nie die Joodse wet so streng gehou het as wat party gedink het hulle moes nie.

Lees volledige hoofstuk Matteus 9

Kyk Matteus 9:10 in konteks