Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 27:52-57 Die Boodskap (DB)

52. Grafte het oopgegaan en baie gelowige mense wat reeds begrawe was,

53. het uit die grafte gekom. Hulle is Jerusalem in. Daar het baie mense hulle gesien.

54. Die offisier en die ander soldate wat daar by die kruis diens gedoen het, het hierdie aardbewing en al die ander dinge wat gebeur het, staan en bekyk. Dit het hulle baie bang gemaak. “Hy was sowaar die Seun van God,” het hulle gestamel.

55. Heelwat vroue het op ’n afstand gestaan en kyk. Hulle het Hom van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg.

56. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria, die ma van Jakobus en Josef, asook die ma van die Sebedeus-broers.

57. Dit het al laat begin word. ’n Ryk man, Josef van Arimatea, wat ook ’n volgeling van Jesus was, het daar aangekom.

Lees volledige hoofstuk Matteus 27