Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 27:43-51 Die Boodskap (DB)

43. Hy was so seker dat God aan sy kant is. Hy het selfs beweer dat hy die Seun van God is. Wel, laat ons nou sien. God sal hom mos kom help as al hierdie dinge waar is.”

44. Die terroriste langs Hom het ook nie op hulle laat wag nie. Hulle het Jesus lekker saam met die ander gekoggel.

45. Skielik word alles oor daardie hele gebied donker. Tussen twaalfuur en drie-uur was dit donker.

46. Teen drie-uur skreeu Jesus hard: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” oftewel: “My God, my God, waarom het U My alleen gelaat?”

47. Van die omstanders het Hom gehoor en gesê: “Hy roep Elia!”

48. Een van hulle gaan haal ’n spons met suur wyn en gee dit vir Hom op ’n stok.

49. “Wag so ’n bietjie,” sê ’n ander, “laat ons kyk of Elia hom nie dalk sal kom afhaal nie.”

50. Al wat egter gebeur het, was dat Jesus hard geskreeu het en toe dood is.

51. Net toe het die gordyn wat die vertrekke in die tempel verdeel het, middeldeur geskeur van bo na onder. Die aarde het gebewe en rotse het verkrummel.

Lees volledige hoofstuk Matteus 27