Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 18:30-35 Die Boodskap (DB)

30. “Die amptenaar was egter nie daarvoor te vinde nie. Hy het die man daar en dan in die tronk laat gooi.

31. “Ander amptenare het gesien wat gebeur en was baie ontsteld daaroor. Hulle het toe vir die koning daarvan gaan vertel.

32. “Die koning het die amptenaar toe dadelik ontbied en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Ek het so pas jou skuld van twintig miljoen rand afgeskryf omdat jy my om genade gesmeek het.

33. Moes dit jou nie beweeg het om dieselfde vir daardie ander amptenaar te doen toe hy op sy knieë voor jou kom staan het nie?’

34. Die koning was so kwaad dat hy die amptenaar daar en dan tronk toe gestuur het waar hy gemartel is.

35. “My Vader in die hemel sal net soos hierdie koning met julle maak as julle weier om mekaar van harte te vergewe.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 18