Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 18:25-31 Die Boodskap (DB)

25. Hy was baie geskok hieroor en het die man dadelik ontbied. Toe die man opdaag, het hy vir die koning gesê dat hy bankrot is. Hy kon nie sy skuld betaal nie. Die koning was woedend daaroor. ‘Verkoop hom en sy vrou en kinders daar op die mark as slawe. Verkoop ook al hulle besittings. So kry ek darem ’n paar rand terug.’

26. “Die vreesbevange amptenaar het toe op sy knieë voor die koning neergeval en om genade begin smeek. ‘Gee my asseblief nog ’n laaste kans. Ek sal alles terugbetaal wat ek aan u skuld.’

27. “Die koning se hart het sag geword toe hy die amptenaar so sien smeek. Toe besluit hy daar en dan om al sy skuld af te skryf.

28. “Toe die amptenaar by die paleis uitstap, loop hy ’n ander amptenaar raak wat hom 9 000 rand skuld. Hy gryp hom toe aan die keel en sê: ‘Betaal nou dadelik wat jy my skuld!’

29. “Die man het op sy knieë neergeval en gepleit: ‘Gee my asseblief nog ’n laaste kans. Ek sal binnekort die geld terugbetaal wat ek jou skuld.’

30. “Die amptenaar was egter nie daarvoor te vinde nie. Hy het die man daar en dan in die tronk laat gooi.

31. “Ander amptenare het gesien wat gebeur en was baie ontsteld daaroor. Hulle het toe vir die koning daarvan gaan vertel.

Lees volledige hoofstuk Matteus 18