Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 17:5-12 Die Boodskap (DB)

5. Terwyl hy nog so staan en praat, het ’n helder wolk hulle skielik omring. Toe sê daar ’n stem uit die wolk: “Dit is my Seun vir wie Ek baie lief is. Wat Hy doen, verskaf My groot vreugde. Luister na wat Hy vir julle sê!”

6. Toe die drie dissipels hierdie stem hoor, het hulle hulle morsdood geskrik. Hulle het plat op hulle gesigte neergeval.

7. Jesus het egter na hulle toe gestap en hulle aangeraak. “Staan maar op. Julle hoef nie bang te wees nie,” het Hy vir hulle gesê.

8. Toe hulle hul oë oopmaak, sien hulle slegs vir Jesus by hulle staan.

9. Daarna, terwyl hulle van die berg afklim, sê Jesus vir die dissipels: “Julle mag vir niemand vertel wat julle op die berg gesien het nie. Eers wanneer Ek, die Seun van die mens, uit die dood opgestaan het, kan julle vir ander mense hiervan vertel.”

10. Hulle vra toe vir Hom: “Hoekom sê al die skrifkenners dan dat Elia eers aarde toe moet kom voordat die Messias sy opwagting maak?”

11. “Dit is so,” het Jesus geantwoord. “Elia kom om alles gereed te maak.

12. Maar weet julle, Elia het eintlik al klaar gekom. Tog het die mense hom nie herken nie. Daarom het hulle hom doodgemaak. Die Seun van die mens gaan binnekort net so behandel word.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 17