Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 14:30-36 Die Boodskap (DB)

30. Maar toe hy sien hoe sterk die wind is, het sy moed hom begeef. Hy het begin sink. Hy roep toe benoud: “Here, red my!”

31. Jesus het sy hand vinnig uitgesteek en hom uit die water opgetrek. “Hoekom is jou geloof so klein? Hoekom hou jy nie aan glo nie?” het Hy verwytend vir Petrus gevra.

32. Hulle het daarna in die skuit geklim en die wind het skielik bedaar.

33. Die dissipels wat in die boot was, het in eerbied voor Jesus neergeval. Hulle het Hom aanbid en gesê: “U is regtig die Seun van God!”

34. Daarna het hulle na die landstreek van Gennesaret oorgevaar. Daar aangekom, het die inwoners Jesus herken.

35. Hulle het haastig vir almal in die omgewing laat weet, sodat die siekes na Hom toe begin stroom het.

36. So baie mense het later opgedaag dat hulle Hom gevra het of hulle net maar aan sy klere se soom kon raak. Hy het ja gesê. Almal wat aan sy soom geraak het, het gesond geword.

Lees volledige hoofstuk Matteus 14