Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 10:5 Die Boodskap (DB)

Dit was die eerste groep mense wat in die ryp oeslande moes gaan werk. Jesus het vir hulle die nodige toerusting gegee, naamlik die mag om bose geeste te verjaag wat mense se lewe deurmekaarkrap, om siekes gesond te maak, en om mense te help wat op die een of ander manier deur die lewe gekneus is. Jesus het ook aan hulle spesifieke opdragte gegee: “Gaan eers na die Israeliete toe. Moenie allerhande afdraaipaadjies vat en eers onder die nie-Jode gaan werk nie. Los vir eers maar ook die Samaritane.

Lees volledige hoofstuk Matteus 10

Kyk Matteus 10:5 in konteks