Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 2:1-4 Die Boodskap (DB)

1. ’n Paar dae later is Jesus Kapernaum toe. Die mense het dadelik daarvan gehoor en het die huis volgepak.

2. Daar was so baie mense dat hulle tot in die straat gestaan het. Jesus het met hulle oor die dinge van God gepraat.

3. Juis toe kom daar vier mans aan wat ’n lam man dra.

4. Hulle kon nie deur die klomp mense by Jesus uitkom nie, want die mense het die hele plek toegestaan. Hulle maak toe ’n ander plan. Hulle klim op die dak, maak ’n gat daarin en laat die verlamde man versigtig op sy bed afsak.

Lees volledige hoofstuk Markus 2