Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 16:10-20 Die Boodskap (DB)

10. Sy is toe daar weg om vir die ander volgelinge van Jesus te gaan vertel. Hulle almal was nog baie hartseer oor alles wat gebeur het en het gehuil.

11. Toe Maria vir hulle vertel dat Jesus leef en dat sy Hom gesien het, wou hulle nie ’n woord glo wat sy sê nie.

12. ’n Rukkie later het nog twee, wat iewers in die platteland op pad was, Jesus op ’n ander manier gesien.

13. Hulle het vir die ander gaan vertel wat gebeur het, maar dié het hulle ook nie geglo nie.

14. ’n Ander keer was Jesus se elf getrouste volgelinge besig om te eet toe Jesus daar tussen hulle staan. Hy het ernstig met hulle daaroor gepraat dat hulle nie wil glo dat Hy lewe nie en dat hulle so hardkoppig is om nie die ander wat Hom lewendig gesien het te wil glo nie.

15. Hy sê vir hulle: “Gaan vertel vir al die mense die goeie nuus oor My. Almal moet dit hoor.

16. “Elkeen wat julle boodskap glo en by julle as Christene aansluit deur gedoop te word, sal gered word. Iemand wat dit nie wil glo nie, kan maar vergeet: God sal hom straf.

17. “Dié wat glo, sal baie wonderlike dinge doen. Ek sal hulle die krag gee om demone uit mense te verjaag. Hulle sal spesiale nuwe tale kan praat en

18. sal slange met hulle kaal hande optel. Gif en sulke dinge sal hulle ook niks kan aandoen nie. Hulle sal net aan siek mense raak en die mense sal dadelik gesond word.”

19. Daarna is die Here Jesus terug hemel toe om by God self op ’n ereplek te sit.

20. Sy volgelinge het die boodskap oral gaan vertel. Die Here self het hulle gehelp en het gewys dat dit waar is deur wonderlike dinge daarna te laat gebeur.

Lees volledige hoofstuk Markus 16