Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 15:3-10 Die Boodskap (DB)

3. Die leiers onder die priesters kom toe met ’n klomp stories waarmee hulle Jesus beskuldig.

4. Pilatus vra Jesus toe weer: “Luister net wat sê hierdie mense alles van jou. Wil jy nie jouself verdedig nie?”

5. Steeds het Jesus nie ’n woord gesê nie. Pilatus kon dit nie mooi verstaan nie.

6. Gedurende die paasfees het die Romeine gewoonlik een persoon vrygelaat wat in die tronk was. Die mense kon kies wie. Juis toe was daar ’n bende rebelle in die tronk.

7. Een van hulle was ’n man met die naam Barabbas.

8. Die bende het amok gemaak, die mense opgestook en selfs moord gepleeg. Die mense kom vra toe vir Pilatus wanneer hy dan soos gewoonlik ’n gevangene gaan vrylaat.

9. “Hoe lyk dit, kan ek maar die koning van die Jode loslaat?” vra Pilatus toe.

10. Hy was nie dom nie - hy het geweet dat die leiers van die priesters net jaloers was op Jesus en net daarom het hulle Hom kom aankla.

Lees volledige hoofstuk Markus 15