Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 21:2-5 Die Boodskap (DB)

2. So tussen al die mense deur merk Hy toe op hoe ’n arm weduwee vinnig ’n paar sent in die skatkis gooi en wegstap.

3. “Sien julle die weduwee wat daar van die skatkis af wegstap? Wel, sy het so pas die grootste skenking ooit aan die tempel gemaak.

4. Haar paar sente was meer as al die sakke vol geld wat die ryk mense elke dag soontoe aandra. Hulle gee uit hulle oorvloed so ’n ietsie weg, maar sy het alles vir God gegee wat sy op haar naam gehad het. Nou het sy nie meer ’n sent op haar naam oor nie.”

5. Daarna het party van Jesus se volgelinge met mekaar gestaan en praat oor hoe mooi die tempel is. Hulle het hulle verkyk aan die reuseklippe en aan al die pragtige versierings.

Lees volledige hoofstuk Lukas 21