Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 18:41-43 Die Boodskap (DB)

41. Toe die blinde naby Jesus kom, vra Hy hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”“Ag, Here, ek wil so graag sien!” antwoord hy.

42. “Nou toe, sien dan! Jou wens het waar geword omdat jy glo,” het Jesus gesê.

43. Dadelik kon die man weer sien. Hy kon sy oë nie glo nie. Vol blydskap het hy by die res van die skare ingeval en agter Jesus begin aanstap. Hy het oor en oor vir God dankie gesê omdat Hy so goed vir hom is. Die mense was net so opgewonde. Hulle het ook God se Naam grootgemaak oor wat gebeur het.

Lees volledige hoofstuk Lukas 18