Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 18:34-41 Die Boodskap (DB)

34. Die dissipels het egter niks verstaan van wat Jesus vir hulle sê nie. Die tyd was nog nie reg dat hulle dit alles sou verstaan nie.

35. Later, toe Jesus naby Jerigo kom, sit daar ’n blinde langs die pad en bedel.

36. Die man het agtergekom ’n groot klomp mense stap by hom verby. “Wat is aan die gang?” vra hy toe.

37. “Jesus van Nasaret gaan hier verby,” het iemand geantwoord.

38. Die blinde man het dadelik hard begin skree: “Jesus, Seun van Dawid, kry my jammer, asseblief!”

39. Maar die mense het vir hom gesê: “Bly stil! Hou op om so te skree!” Dit het nie gehelp nie. Die blinde het net nog harder geskree: “Jesus, Seun van Dawid, kry my jammer, asseblief!”

40. Jesus gaan staan toe stil en sê vir die mense: “Bring daardie man wat so skree na My toe.”

41. Toe die blinde naby Jesus kom, vra Hy hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”“Ag, Here, ek wil so graag sien!” antwoord hy.

Lees volledige hoofstuk Lukas 18