Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:32-40 Die Boodskap (DB)

32. Hy sal baie belangrik wees; so belangrik dat Hy die Seun van die allerhoogste God genoem sal word.

33. Die Here God sal Hom aanstel om te heers oor die koninkryk van sy voorvader Dawid. Jesus sal vir altyd oor Israel regeer. Sy koningskap sal nooit ophou nie; nooit nie.”

34. Maria vra toe benoud vir Gabriël: “Maar hoe is so iets moontlik? Ek het nog nooit eens by ’n man geslaap nie.”

35. Daarop antwoord hy: “Moenie jou bekommer nie. Die Heilige Gees sal hiervoor sorg. Die Allerhoogste se krag sal ’n Kind in jou verwek. Hierdie Kind wat van God af kom, sal die Heilige genoem word, die Seun van God.

36. “Ek het nog goeie nuus vir jou: Elisabet, ’n familielid van jou, verwag ook. Soos jy weet, is sy al baie oud. Tog sal sy een van die dae ’n seun hê. Sy is al ses maande swanger.

37. Jy sien, niks is vir God onmoontlik nie.”

38. Toe sê Maria: “Ek is in die Here se hand. Sy wil moet in my lewe geskied. Laat alles met my gebeur presies soos u gesê het.”Daarna het Gabriël vertrek.

39. Maria was so opgewonde oor die goeie nuus wat sy gehoor het dat sy dadelik besluit het om by Elisabet te gaan kuier. Hulle het in ’n dorp in die heuwels van Judea gebly.

40. Toe Maria daar by Sagaria se huis aankom, het sy ingestap en vir Elisabet gaan groet.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1