Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 7:2 Die Boodskap (DB)

Dit was Oktober en die fees van die tente was om die draai. Die Jode het elke jaar hierdie fees gehou. Dit het hulle herinner aan die tente waarin hulle voorouers moes bly toe hulle uit Egipte weg is. Terselfdertyd het hulle ook sommer vir die Here dankie gesê vir die goeie oeste. Dit was nou regtig ’n fees waarin die Jode se vrolikheid geen perke geken het nie. ’n Hele sewe dae lank het hulle fees gehou.

Lees volledige hoofstuk Johannes 7

Kyk Johannes 7:2 in konteks