Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 6:62-71 Die Boodskap (DB)

62. Hoe gaan julle voel as julle My sien teruggaan hemel toe waar Ek oorspronklik vandaan kom?

63. Dit moet so wees. Wanneer Ek teruggaan, kom gee die Gees vir mense die ewige lewe. ’n Mens kan dit tog nie doen nie. Ek is egter ’n uitsondering. Die Gees werk nou reeds deur my woorde en daarom kan julle die ewige lewe kry as julle luister na wat Ek vir julle sê.

64. Maar daar is ’n klomp van julle wat dit ongelukkig nie wil glo nie.” (Jesus het van die begin af geweet watter mense glo en watter nie. Hy het ook geweet dat Judas teen Hom sou draai.)

65. Teen hierdie agtergrond sê Hy toe: “Nou verstaan julle miskien ook waarom Ek sê dat niemand ’n Christen kan word as die Vader dit nie vir hom moontlik maak nie.”

66. Na dié gesprek het baie van Jesus se volgelinge nie meer in Hom belanggestel nie. Hulle het omgedraai en toe op die ou manier met hulle lewe aangegaan.

67. Jesus vra toe vir sy twaalf getrouste volgelinge: “En julle? Het julle nie ook lus om alles maar op te gee en ook weg te gaan nie?”

68. Simon Petrus antwoord: “Here, na wie anders sal ons gaan? Daar is niemand soos U nie! U vertel dan vir ons hoe om die ewige lewe te kry.

69. Ons weet tog dat God U spesiaal uitgesonder het om dit te doen. Daarvan is ons doodseker.”

70. Jesus sê toe: “Jy praat so. Een van julle wat hier staan, is ’n duiwel, al het Ek hom self gevra om my volgeling te word.”

71. (Jesus het van Judas, uit die familie van Simon Iskariot, gepraat. Hy was een van Jesus se twaalf intiemste volgelinge. Hy sou Jesus egter later verraderlik aan sy vyande uitlewer.)

Lees volledige hoofstuk Johannes 6