Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 1:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Die Woord, deur wie ons God leer ken, was reg aan die begin reeds daar. Die Woord was by God en die Woord was God.

2. Voor enigiets nog gemaak was, was Jesus al by God. Hy het alles in die skepping gemaak. Niks het op ’n ander manier ontstaan nie.

3. Hy het alles gemaak.

4. Jesus het ook lewe aan die skepping gegee. Omdat Jesus mense lewe gegee het, kon hulle die regte besluite neem, soos iemand wat ’n lig het om in die donker mee te loop.

5. Mense wat reg lewe, het soos ’n helder lig in die donker, sondige wêreld ingeskyn. Hierdie donker wêreld wou niks met hulle te doen hê nie, maar kon hulle ook nie keer nie.

6. Johannes het ook op die toneel verskyn. God het hom gestuur om vir almal te kom vertel van Jesus wat soos ’n helder lig in die donker kom skyn het.

7. Sy sterk boodskap oor die Lig moes mense oortuig om in die Lig te glo.

8. Hy self was nie die Lig nie. Hy het maar net aan die mense kom vertel waar om die Lig te kry.

Lees volledige hoofstuk Johannes 1