Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 3:13-19 Die Boodskap (DB)

13. Praat mekaar elke dag moed in terwyl God nog vir ons die kans gee om dit te doen.Help mekaar dat nie een van julle deur die lekker van die sonde so betower word dat julle God nie meer raaksien nie.

14. Wat Christus s’n is, is ons s’n as ons enduit vasberade op God bly vertrou soos ons dit aan die begin gedoen het.

15. Luister weer ’n keer wat gesê is: “Vandag, as julle God met julle hoor praat, moet julle Hom nie ignoreer soos julle gemaak het toe julle teen Hom gedraai het nie.”

16. Wie was hierdie mense met wie God gepraat en wat so teen God gedraai het? Was dit nie die einste mense vir wie Moses uit Egipte laat trek het nie?

17. En met wie het God se geduld in die 40 jaar opgeraak? Was dit nie die mense wat nie wou doen wat God vra nie? Hulle is toe mos net daar in die woestyn dood.

18. Vir wie het God gesê dat hulle vir seker nooit sal ervaar wat dit beteken om vir ewig saam met Hom te rus nie? Ja-nee, dit was niemand anders nie as die mense wat nie na Hom wou luister nie.

19. Dit is geen geheim waarom hulle nie vir ewig saam met God sal rus nie: hulle het God nie vertrou nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 3