Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 3:1-4 Die Boodskap (DB)

1. My broers en susters, God het julle geroep om net Syne te wees. Laat Jesus daarom die fokus van julle lewe wees. Konsentreer op wat Hy wil hê, want ons almal stem saam dat God Hom gestuur het en dat Hy as Hoëpriester ons saak by God moet gaan stel. Dit vertel ons ook vir ander mense.

2. God het Jesus aangestel en Jesus het alles gedoen soos God dit van Hom verwag het, net soos Moses destyds getrou gedoen het wat God wou hê.

3. In vergelyking met Moses is Jesus egter baie belangriker. Om ’n voorbeeld te gebruik: die bouer is tog baie belangriker as dit wat hy bou. Laat ek die beeld verder neem.

4. Elke huis moet deur iemand gebou word, maar dit is God wat almal en alles bou.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 3