Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 10:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Die ou wet het ons maar net ’n vae idee gegee van al die wonderlike dinge wat God nog vir ons sou doen. Dit was soos ’n skaduwee wat ’n mens waarsku dat die regte persoon op pad is. Dag na dag, jaar na jaar, het mense dieselfde offers gebring, maar dit kon nie hulle saak met God heeltemal regmaak nie.

2. Dink net daaraan, as die offers regtig gehelp het, sou hulle mos daarmee opgehou het. Dan sou hulle saak met God mos reg gewees het en sou hulle sondes hulle nie langer gepla het nie.

3. Maar al die offers herinner hulle nou juis aan al die foute wat hulle gedurig maak.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 10