Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:1-4 Die Boodskap (DB)

1. “Wat het jy hierop te sê?” het die hoëpriester vir Stefanus gevra.

2. “Vriende, hooggeagte raadslede, luister asseblief baie mooi,” het Stefanus geantwoord. “Ek wil graag met julle oor God praat. Aan Hom kom al die eer toe. Hy is die Heilige wat Hom aan Abraham kom bekendmaak het toe hy nog daar in Mesopotamië gebly het. Dit het gebeur nog voor Abraham na Haran getrek het.

3. God het vir hom gesê: ‘Jy moet uit jou land trek. Vat al jou familielede saam met jou. Ek sal jou wys na watter land toe jy moet gaan.’

4. “Abraham het toe padgegee uit die land van die Galdeërs en in Haran gaan bly. Na sy pa se dood het God hom laat trek na hierdie land waar julle nou bly.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7