Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Agrippa het toe vir Paulus gesê: “Stel nou jou kant van die saak.”

2. Paulus het met ’n handgebaar gewys dat hy gereed was om te praat. Toe sê hy: “Geagte koning Agrippa, ek is baie bly dat ek juis voor u mag antwoord op die aanklagte wat die Jode teen my ingebring het.

3. U ken immers al die Joodse tradisies. En natuurlik weet u ook van al ons godsdienstige verskille.

4. “Van my kinderdae af het ek tussen my eie mense in Jerusalem gebly. Hulle almal ken my.

5. As een van hulle die moed sou gehad het om vandag hier op te staan, sou hulle vir u kon sê dat ek ’n lid was van die Fariseërs, die strengste godsdienstige groep binne ons godsdiens.

6. Die ironie van dit alles is dat ek nou aangekla word omdat ek al die beloftes wat God aan ons voorouers gemaak het met my hele lewe glo.

7. Ek glo dieselfde dinge as dié waaraan al die Israeliete nog die hele tyd vasgehou het. Hulle het ook geglo dat God sal doen wat Hy belowe het.

8. “Geagte koning Agrippa, ek kan nie begryp hoekom ek nou deur die Jode aangekla word omdat ek God se Woord glo nie. Ek glo met my hele lewe dat God in staat is om die dooies weer lewendig te maak. Waarom is dit dan vir julle Jode so moeilik om te glo dat God dooies lewendig kan maak? En u, koning Agrippa, dink u ook dis onmoontlik?

9. “In elk geval, vroeër, toe ek nog ’n vyand van Jesus van Nasaret was, het ek my bes gedoen om almal uit te roei wat in Hom geglo het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26