Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 16:35-40 Die Boodskap (DB)

35. Intussen, teen dagbreek se kant, het die hooflanddroste ’n boodskap met ’n paar polisiemanne na die tronk toe gestuur. “Laat daardie mans dadelik los!” was hulle opdrag aan die hoof van die tronk.

36. Hy het toe vir Paulus en Silas hierdie nuus gaan meedeel: “Die hooflanddroste het laat weet dat julle vrygelaat moet word. Gaan in vrede.”

37. “O nee, hulle het ons in die openbaar laat slaan sonder enige verhoor. Boonop het hulle ons, wat wetsgehoorsame Romeinse burgers is, in die tronk gegooi,” het Paulus geantwoord. “Nou wil hulle ons stilletjies loslaat. Nee, ons sit in die tronk totdat hulle ons om verskoning kom vra en ons hier uitlei.”

38. Toe die hooflanddroste hoor wat Paulus gesê het, het hulle hulle yskoud geskrik. Hulle het nie besef dat Paulus en Silas Romeinse burgers was nie.

39. Daarom is hulle haastig na die tronk toe om hulle om verskoning te gaan vra. Hulle het vir Paulus en Silas uit die tronk gelei en hulle mooi gevra om die stad te verlaat.

40. Hulle twee het eers na Lidia se huis toe gegaan om van al die gelowiges afskeid te neem. Paulus en Silas het hulle nuwe broers en susters in die Here aangemoedig om te volhard op die pad van die Here. Toe het hulle vertrek.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 16