Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:18-23 Die Boodskap (DB)

18. Epafroditos het vir my alles gegee wat julle gestuur het. Nou het ek oorgenoeg, alles wat ek nodig het. God hou baie daarvan. Vir Hom is dit soos ’n wonderlike offer wat baie lekker ruik. Niemand is en kan ooit so ryk en belangrik wees soos God nie.

19. Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.

20. Al die eer en respek en belangrikheid in hierdie wêreld is God s’n, vir ewig en altyd. So is dit en so sal dit wees.

21. Sê asseblief groete namens my aan al die Christene daar by julle.

22. Die Christene hier stuur ook groete. Die Christene wat op die keiser se personeel is, sê spesiaal groete.

23. Mag ons Here Jesus Christus baie goed vir julle wees, ver meer as wat julle verdien. Mag julle hierdie goedheid diep in julle binneste ervaar.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4