Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 11:29-33 Die Boodskap (DB)

29. Wanneer party gelowiges wil tou opgooi, voel ek hulle pyn aan my eie lyf. En wanneer hulle in die sonde val, voel dit vir my asof ek self deur die vuur stap.

30. As ek dan nou oor myself moet spog, sal ek liewer oor al my swakhede spog. Ek lieg nie as ek al hierdie dinge vir julle sê nie.

31. Ons wonderlike God weet dit. Hy is die Vader van ons Here Jesus. Sy Naam moet vir altyd grootgemaak word.

32. O ja, toe ek vroeër in Damaskus was, het die goewerneur van koning Aretas sy soldate beveel om die stad op te pas sodat ek nie kon ontsnap nie.

33. Toe het die gelowiges my in ’n mandjie versteek en deur ’n venster in die stadsmuur laat afsak. So het ek daarin geslaag om te ontsnap.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 11