Ou Testament

Nuwe Testament

1 Tessalonisense 1:7-10 Die Boodskap (DB)

7. Julle is ’n voorbeeld vir al die ander Christene in die Romeinse provinsies Masedonië en Agaje,

8. want van julle af is die woord van die Here oral in dié twee provinsies versprei. Ja, nie net daar nie, maar sommer op baie ander plekke het ander mense gehoor van julle geloof in God. Ek het nie genoeg woorde om vir julle te sê hoe bly ek hieroor is nie!

9. Oral waar ek kom, praat die mense oor hoe hartlik julle ons ontvang het. Hulle vertel vir ons dat julle al julle dooie afgode laat staan het om die lewende en enigste ware God te dien.

10. Die mense vertel ook dat julle baie uitsien na die dag dat Jesus uit die hemel na ons toe sal terugkeer. Jesus is God se eie Seun. God self het Hom uit die dood laat opstaan. Net Jesus kan ons red van die oordeel van God op die laaste dag.

Lees volledige hoofstuk 1 Tessalonisense 1