Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 14:36-40 Die Boodskap (DB)

36. Dan moet julle julle afvra: Is die woord van God miskien deur julle geskryf sodat julle daaraan kan verander soos julle wil, of is dit God wat deur daardie woord met julle praat?

37. ’n Persoon wat rondvertel dat hy God se boodskap vir ander kan vertel of dat die Heilige Gees hom lei, behoort ook dadelik te weet dat wat ek hier sê, is hoe die Here wil hê ons moet maak.

38. As hy hom nie daaraan steur nie en maak of dit nie waar is nie, sal God hom ook nie kan gebruik nie.

39. Laat ek saamvat: doen alles wat julle kan om vir mense van God se dinge te vertel. As daar ander is wat in spesiale tale wil praat, moet julle nie in hulle pad staan nie.

40. Wat julle ook al doen, moet julle met smaak doen sodat alles nie in ’n deurmekaarspul ontaard nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 14