Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 1:17 Die Boodskap (DB)

Christus het my nie gestuur om mense vir myself bymekaar te maak deur te doop nie. Nee, Hy het my gestuur om vir julle die goeie boodskap oor Hom te kom vertel. Dit moet ek nie doen met vreeslik geleerde en moeilike taal om mense te beïndruk nie. Nie taal nie, maar die werklikheid van die kruisgebeurtenis van Jesus moet mense beïndruk. Daar lê die werklike krag van die boodskap oor Jesus. En dit mag nooit agter slim argumente of geleerde taal weggesteek word nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 1

Kyk 1 Korintiërs 1:17 in konteks