Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6:6-23 Bybel vir Almal (ABA)

6. Lui mens, jy moet na die miere gaan,jy moet gaan kyk hoe hulle leween jy moet leer van hulle.

7. Die miere het nie ’n leierof ’n voorman of ’n koning nie,

8. maar hulle maak in die somerkos gereed vir hulleself,hulle maak kos bymekaarwanneer daar kos is om bymekaar te maak.

9. Lui mens, hoe lank wil jy slaap,wanneer staan jy op?

10. Jy wil elke maal nog ’n bietjie slaap,nog ’n bietjie jou oë toemaak,nog ’n bietjie hande vou en bly lê,

11. maar jy sal arm wordsoos iemand wat net rondloopen nie werk nie,jy sal honger word soos ’n bedelaar.

12. ’n Slegte mens, ’n skurk, bedrieg oral mense,

13. hy knip skelm sy oë, hy maak gebaremet sy vingers en voete,

14. hy dink altyd hoe hy mense kan bedrieg,hy laat mense twis met mekaar.

15. Daarom, dit sal skielik sleg gaan met hom,hy sal vinnig seerkry, en niemand sal hom help nie.

16. Daar is ses dinge waarvan die Here nie hou nie,daar is sewe dinge wat Hy haat.

17. Dit is wanneer mense hoogmoedig is,wanneer hulle lieg,wanneer hulle mense vermoor,

18. wanneer hulle slegte planne maak teen ander mense,wanneer hulle haastig is om verkeerd te doen,

19. wanneer hulle getuies is wat lieg,en wanneer hulle die een broermet die ander broer laat twis.

20. My kind, jy moet onthouwat jou pa vir jou sê,jy moenie vergeet wat jou ma vir jou leer nie.

21. Jy moenie dit vergeet nie,jy moet dit elke dag onthou.

22. Dan sal jy weet hoe jy moet lewe,jy sal elke dag en elke nag weetwat jy moet doen.

23. Want die dinge wat jou pa vir jou sê,is soos ’n lamp,die dinge wat jou ma vir jou leer,is soos ’n lig.Iemand wat vir jou sê wat jy moet doenen wat vir jou leer,lei jou op die pad van die lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 6