Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6:25-33 Bybel vir Almal (ABA)

25. Jy moenie daardie vrou wil hêomdat sy mooi is nie,jy moenie dat sy jou vang met haar oë nie.

26. Ja, jy kan ’n prostituut kryen jy kan haar betaal met ’n rondebroodjie,maar die vrou van ’n ander manis soos ’n jagter,jy kan die beste wat jy het, verloor,jy kan jou lewe verloor.

27. As iemand kole vuurvoor by sy klere ingooi,dan sal sy klere aan die brand raak,

28. of wanneer hy op warm kole loop,dan sal sy voete brand.

29. So sal dit gaan met iemandwat by ’n ander man se vrou slaap,die man wat aan haar raak,sal nie vry wegkom nie,haar man sal hom straf.

30. Wanneer ’n dief steel,dan sal mense altyd dinkhy doen verkeerd,ook wanneer hy steelomdat hy honger is.

31. Wanneer mense uitvind dat hy gesteel het,dan sal hy sewe maal meer moet teruggee,hy sal alles moet gee wat daar in sy huis is.

32. ’n Man wat egbreuk pleeg,is baie dom, hy is mal.Hy verwoes sy eie lewewanneer hy dit doen.

33. Hulle sal hom slaanen hulle sal hom verneder,die mense sal aanhou om hom te spot.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 6