Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6:23-35 Bybel vir Almal (ABA)

23. Want die dinge wat jou pa vir jou sê,is soos ’n lamp,die dinge wat jou ma vir jou leer,is soos ’n lig.Iemand wat vir jou sê wat jy moet doenen wat vir jou leer,lei jou op die pad van die lewe.

24. Hy beskerm jou teen die slegte vrou,teen die skelm woorde van die vrouwat nie jou vrou is nie.

25. Jy moenie daardie vrou wil hêomdat sy mooi is nie,jy moenie dat sy jou vang met haar oë nie.

26. Ja, jy kan ’n prostituut kryen jy kan haar betaal met ’n rondebroodjie,maar die vrou van ’n ander manis soos ’n jagter,jy kan die beste wat jy het, verloor,jy kan jou lewe verloor.

27. As iemand kole vuurvoor by sy klere ingooi,dan sal sy klere aan die brand raak,

28. of wanneer hy op warm kole loop,dan sal sy voete brand.

29. So sal dit gaan met iemandwat by ’n ander man se vrou slaap,die man wat aan haar raak,sal nie vry wegkom nie,haar man sal hom straf.

30. Wanneer ’n dief steel,dan sal mense altyd dinkhy doen verkeerd,ook wanneer hy steelomdat hy honger is.

31. Wanneer mense uitvind dat hy gesteel het,dan sal hy sewe maal meer moet teruggee,hy sal alles moet gee wat daar in sy huis is.

32. ’n Man wat egbreuk pleeg,is baie dom, hy is mal.Hy verwoes sy eie lewewanneer hy dit doen.

33. Hulle sal hom slaanen hulle sal hom verneder,die mense sal aanhou om hom te spot.

34. Want wanneer daardie vrou se man kwaad is,dan is dit soos ’n vuur wat brand.Wanneer hy jou straf oor wat jy gedoen het,dan sal hy nie jammer wees vir jou nie.

35. Hy sal nie geld van jou neem en jou los nie,hy sal nie jou geld neem nie,ook nie wanneer jy vir hom baie wil gee nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 6