Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6:18-26 Bybel vir Almal (ABA)

18. wanneer hulle slegte planne maak teen ander mense,wanneer hulle haastig is om verkeerd te doen,

19. wanneer hulle getuies is wat lieg,en wanneer hulle die een broermet die ander broer laat twis.

20. My kind, jy moet onthouwat jou pa vir jou sê,jy moenie vergeet wat jou ma vir jou leer nie.

21. Jy moenie dit vergeet nie,jy moet dit elke dag onthou.

22. Dan sal jy weet hoe jy moet lewe,jy sal elke dag en elke nag weetwat jy moet doen.

23. Want die dinge wat jou pa vir jou sê,is soos ’n lamp,die dinge wat jou ma vir jou leer,is soos ’n lig.Iemand wat vir jou sê wat jy moet doenen wat vir jou leer,lei jou op die pad van die lewe.

24. Hy beskerm jou teen die slegte vrou,teen die skelm woorde van die vrouwat nie jou vrou is nie.

25. Jy moenie daardie vrou wil hêomdat sy mooi is nie,jy moenie dat sy jou vang met haar oë nie.

26. Ja, jy kan ’n prostituut kryen jy kan haar betaal met ’n rondebroodjie,maar die vrou van ’n ander manis soos ’n jagter,jy kan die beste wat jy het, verloor,jy kan jou lewe verloor.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 6