Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:24-31 Bybel vir Almal (ABA)

24. Sy maak klere en sy verkoop dit,sy gee vir die handelaars nekdoeke om te verkoop.

25. Sy is ’n sterk en ’n netjiese vrou,sy is nie bekommerd oor wat later sal gebeur nie.

26. Wanneer sy praat, dan praat sy met wysheid,sy leer vir haar mense om vriendelik te wees.

27. Sy kyk dat alles reg gaan in haar huis,sy is nie lui nie.

28. Haar kinders staan regop en hulle prys haar,haar man sê dat sy ’n goeie vrou is.Hy sê:

29. “Baie vroue doen goed,maar jy doen beter as hulle almal.”

30. ’n Vrou bly nie altyd jonk en mooi nie,’n vrou wat die Here dien en Hom respekteer,dit is vir háár wat ons wil prys.

31. Sy moet self ook kry van alles waarvoor sy werk,almal by die poorte moet haar prys.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31