Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:15-28 Bybel vir Almal (ABA)

15. Sy staan op wanneer dit nog donker is,sy sê vir haar huisgesin wat hulle moet doenen sy gee vir haar bediendes werk.

16. Sy dink goed oor ’n stuk grond en sy koop dit,sy neem van haar eie geld en sy plant daar wingerdstokke.

17. Sy is sterk, sy kan aanhou werk.

18. Wanneer sy sien dat mense graag haar goed koop,dan werk sy die hele nag.

19. Sy steek haar hande uiten sy werk by die spinwiel en die weefstoel.

20. Sy gee graag vir mensewat hulleself nie kan beskerm nie,vir mense wat niks het nie.

21. Wanneer dit sneeu,dan is sy nie bekommerd oor haar huisgesin nie,want hulle dra almal warm klere.

22. Sy maak vir haar komberse,sy dra klere van linne en pers wol.

23. Almal ken haar man,hy sit saam met die leiers van die land by die poort.

24. Sy maak klere en sy verkoop dit,sy gee vir die handelaars nekdoeke om te verkoop.

25. Sy is ’n sterk en ’n netjiese vrou,sy is nie bekommerd oor wat later sal gebeur nie.

26. Wanneer sy praat, dan praat sy met wysheid,sy leer vir haar mense om vriendelik te wees.

27. Sy kyk dat alles reg gaan in haar huis,sy is nie lui nie.

28. Haar kinders staan regop en hulle prys haar,haar man sê dat sy ’n goeie vrou is.Hy sê:

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31