Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hier is die dinge wat koning Lemuel van die land Massa se ma vir hom geleer het.

2. My kind, my eie kind,ek het ’n gelofte oor jou gemaak.

3. Jy moenie al jou krag, jou lewe, gee vir vroue nie,vroue verwoes konings.

4. Lemuel, konings moenie wyn drink nie,mense wat regeer, moenie dronk word nie.

5. Want wanneer hulle drink,dan kan hulle miskien die wette vergeet,en dan doen hulle nie reg aan al die mensewat hulleself nie kan beskerm nie.

6. Jy moet drank gee vir die mensewat besig is om te sterf,jy moet wyn gee vir die mense wat swaarkry.

7. Wanneer hulle drink,dan sal hulle miskien vergeet dat hulle arm isen dan sal hulle nie meer daaraan dinkdat hulle swaarkry nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31