Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:20-33 Bybel vir Almal (ABA)

20. ’n Vrou wat egbreuk pleeg,is soos iemand wat eet en haar mond afveeen sê: “Ek het niks verkeerd gedoen nie.”

21. Daar is drie dinge wat almal kwaaden ontsteld laat word,daar is vier dinge waarvan mense niks hou nie:

22. Dit is wanneer ’n slaaf koning word,wanneer ’n dwaas te veel geëet het,

23. wanneer ’n vrou wat nooit ’n man kon kry nie,later trou,en wanneer ’n slavin trou met die man van haar eienares.

24. Daar is vier dinge op die aarde wat klein ismaar wat meer wysheid het as almal:

25. Miere is nie sterk nie,maar in die somer bêre hulle kos vir die winter.

26. Dassies is nie sterk nie,maar hulle woon op die rotse.

27. Sprinkane het nie ’n koning nie,maar hulle vlieg saam in swerms.

28. ’n Geitjie is klein, jy kan hom met jou hand vang,maar hy is ook in konings se paleise.

29. Daar is drie dinge wat netjies en mooi loop,nee, daar is vier dinge wat netjies en mooi stap:

30. Dit is ’n leeu wat sterker is as ander diereen wat vir niemand vlug nie,

31. ’n hoenderhaan, ’n bok-ram,en ’n koning wat sy manne lei.

32. As jy dwaas was en gedink het jy is belangrik,as jy slim planne probeer maak het,dan moet jy stilbly,

33. want wanneer jy melk lank skud,dan word dit botter,wanneer jy iemand op sy neus slaan,dan bloei sy neus,en wanneer jy mense kwaad maak,dan twis hulle.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30