Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hier is die dinge wat Agur seun van Jake gesê het. Hy het van die land Massa gekom en hy was ’n man wat gepraat het met Itiël, met Itiël en met Ukal.

2. Regtig, ek was dommer as ander mense,ek het nie geweet wat ander mense weet nie.

3. Ek het nie wysheid geleer nie,ek ken nie die heilige God nie.

4. Wie het opgegaan na die hemel en het weer afgekom?Wie het die wind met sy hande vasgehou?Wie het die water toegebind in ’n bo-kleed?Wie het besluit hoe groot die aarde moet wees?Wat is sy naam en wat is sy seun se naam?Weet jy wie dit is?

5. Alles wat God gesê het, is waar.Hy beskerm die mense wat in Hom glo.

6. Jy moenie meer wil sê as wat Hy gesê het nie,Hy sal vir jou sê jy is verkeerd,en mense sal weet jy vertel leuens.

7. Here, ek vra vir U twee dinge.U moet dit vir my doen my hele lewe lank.

8. U moet keer dat ek nie vals is en lieg nie,U moet my nie arm of ryk maak nie,U moet vir my net die kos gee wat ek nodig het.

9. Want as ek te veel het, dan sal ek miskien sêdat ek U nie ken nie,ek sal vra: “Wie is die Here?”En as ek arm is, dan sal ek miskien steelen nie die Naam van my God respekteer nie.

10. Jy moenie slegte dinge oor ’n slaafvir sy eienaar sê nie,die slaaf sal jou miskien vervloek,en dit sal sleg gaan met jou.

11. Daar is mense wat hulle ouers vervloeken wat nie wil hê dat dit goed moet gaan met hulle nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30