Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:25-33 Bybel vir Almal (ABA)

25. Jy moenie bang wees dat dit skieliksleg sal gaan met jou nie.Wanneer die stormwinde begin waaioor die mense wat verkeerd doen,dan moet jy nie bang weesdat hulle ook oor jou sal waai nie.

26. Want die Here sal by jou wees,Hy sal keer dat jou voet nie vassitin ’n vangstrik nie.

27. Wanneer jy iemand moet helpen jy kan dit doen, dan moet jy nie wag nie.

28. As jy dadelik kan help, dan moet jy dit doen.Jy moenie sê: “Gaan eers terug en kom môre weer,dan sal ek jou help” nie.

29. Wanneer iemand naby jou is en hy voel veilig,dan moet jy nie sit en dink wat jy kan doensodat dit sleg kan gaan met hom nie.

30. Wanneer iemand onskuldig isen hy het niks sleg gedoen aan jou nie,dan moet jy nie sê dat hy skuldig is nie.

31. Jy moenie probeer om te wees soos iemandwat ander mense altyd wil seermaak en doodmaak nie.

32. Want die Here haat slegte mense,maar mense wat reg lewe, is sy vriende.

33. Die Here vervloek die huisgesin van die menswat verkeerd doen,maar Hy seën die huisgesin van die menswat reg lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3