Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:20-35 Bybel vir Almal (ABA)

20. Hy het geweet wat om te doen,Hy het fonteine uit die diep water laat stroomen Hy het die wolke vol water gemaak.

21. My kind, jy moet met ware wysheid lewe,jy moenie ophou om verstandig te wees nie.

22. As jy met wysheid lewe,dan sal jy ’n lang en ’n mooi lewe hê.

23. Dan sal jy veilig loop op jou pad deur die leween jy sal nie jou tone stamp nie.

24. Jy sal dan nie bang weesom te gaan slaap nie,jy sal gaan lê en jy sal lekker slaap.

25. Jy moenie bang wees dat dit skieliksleg sal gaan met jou nie.Wanneer die stormwinde begin waaioor die mense wat verkeerd doen,dan moet jy nie bang weesdat hulle ook oor jou sal waai nie.

26. Want die Here sal by jou wees,Hy sal keer dat jou voet nie vassitin ’n vangstrik nie.

27. Wanneer jy iemand moet helpen jy kan dit doen, dan moet jy nie wag nie.

28. As jy dadelik kan help, dan moet jy dit doen.Jy moenie sê: “Gaan eers terug en kom môre weer,dan sal ek jou help” nie.

29. Wanneer iemand naby jou is en hy voel veilig,dan moet jy nie sit en dink wat jy kan doensodat dit sleg kan gaan met hom nie.

30. Wanneer iemand onskuldig isen hy het niks sleg gedoen aan jou nie,dan moet jy nie sê dat hy skuldig is nie.

31. Jy moenie probeer om te wees soos iemandwat ander mense altyd wil seermaak en doodmaak nie.

32. Want die Here haat slegte mense,maar mense wat reg lewe, is sy vriende.

33. Die Here vervloek die huisgesin van die menswat verkeerd doen,maar Hy seën die huisgesin van die menswat reg lewe.

34. Wanneer mense dink dat hullevir ander mense kan spot,dan spot die Here vir húlle.Wanneer mense weet dat hulle niehulleself kan help nie,dan is die Here goed vir hulle.

35. Wanneer iemand wysheid het,dan sal mense hom respekteer,maar mense wat dwaas is,sal meer en meer dinge doenwaarvan mense nie hou nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3