Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 29:18-27 Bybel vir Almal (ABA)

18. Wanneer die Here nie vir die profete wyswat die mense moet doen nie,dan doen die mense alles wat hulle wil.Wanneer die mense doen wat die Here wil hê,dan sal dit goed gaan met hulle.

19. Dit help nie om net te praat met ’n slaaf nie,hy verstaan wat jy sê, maar hy doen nie wat jy wil hê nie.

20. Wanneer jy iemand sien wat praatvoordat hy goed gedink het,dan moet jy dit weet: Dit sal beter gaanmet ’n dwaas as met daardie persoon.

21. As jy ’n slaaf bederf het vandat hy klein was,dan is hy opstandig wanneer hy groot is.

22. ’n Persoon wat gou kwaad word, laat mense twis,hy laat mense baie sonde doen.

23. Mense sal iemand verneder wat hoogmoedig is,maar hulle sal ’n nederige mens respekteer.

24. Iemand wat nie lief is vir sy eie lewe nie,neem ook van die goed wat diewe gesteel het.Hy hoor dat ’n persoon die diewe vervloekwat sy goed gesteel het, maar hy sê niks.

25. Wanneer jy bang is vir mense,dan kan jy in ’n vangstrik trap,maar wanneer jy in die Here glo,dan sal Hy jou beskerm.

26. Baie mense doen dingesodat die koning van hulle moet hou,maar dit is die Here wat reg doen aan ’n mens.

27. Mense wat reg lewe,haat iemand wat verkeerde dinge doen,maar iemand wat verkeerd doen,haat ’n persoon wat eerlik lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 29