Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 29:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. As jy aanhou om vir iemand te sê hoe hy moet lewe,maar hy bly hardkoppig,dan sal dit gou sleg gaan met hom,en niemand sal hom kan help nie.

2. ’n Volk is bly wanneer die mense wat regeer,mense is wat reg doen,maar ’n volk kla en sug wanneer die mense wat regeer,mense is wat verkeerd doen.

3. ’n Pa is bly wanneer sy seun lief is vir wysheid,maar ’n seun wat altyd na prostitute toe gaan,verloor alles wat hy het.

4. ’n Koning wat reg doen,laat dit goed gaan met sy land,maar ’n koning wat meer en meer belasting wil hê, verwoes sy land.

5. ’n Persoon wat dinge sênet om iemand anders gelukkig te laat voel,wil hom in ’n vangnet vang.

6. Die slegte mens wat verkeerd doen,wil iemand in ’n vangstrik laat trap,maar die mens wat reg lewe, sing vrolik.

7. Iemand wat reg lewe,weet hoe om reg te doen aan arm mense,maar iemand wat verkeerd doen, wil dit nie weet nie.

8. Persone wat altyd wil spot,maak die mense in ’n stad kwaad, wyse mense laat daar weer vrede kom.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 29