Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:8-16 Bybel vir Almal (ABA)

8. Iemand wat ryk word omdat hy mensete veel rente laat betaal,maak baie goed bymekaar,maar eendag sal iemand anders wat jammer isvir arm mense, daardie goed kry.

9. Wanneer iemand nie wil hoorwat die Here in sy wette sê nie,dan sal die Here dit haat wanneer daardie mens bid.

10. Wanneer iemand eerlike mense verleisodat hulle verkeerd lewe,dan sal dit sleg gaan met hom,maar dit sal goed gaan met mensewat heeltemal reg lewe.

11. ’n Ryk mens sal miskien dinkdat hy baie wysheid het,maar ’n arm mens wat verstandig is,weet watter soort mens die ryk mens is.

12. Wanneer mense wat reg lewe, bly is,dan is almal trots daarop,maar wanneer mense wat verkeerd doen,begin regeer,dan kruip die ander mense weg.

13. Wanneer iemand sy sondes wegsteek,dan sal dit nie goed gaan met hom nie,maar wanneer hy sy sondes bely en ophouom sonde te doen,dan sal die Here weer goed wees vir hom.

14. Dit gaan goed met iemandwat altyd bang is vir die Here,maar dit sal sleg gaan met iemandwat hardkoppig en ongehoorsaam is.

15. Wanneer iemand wat altyd verkeerd doen,regeer oor mense wat hulleself nie kan beskerm nie,dan is hy soos ’n leeu wat brulof soos ’n beer wat mense wil doodmaak.

16. ’n Onverstandige koning verdruk sy mense,maar ’n koning wat dit haat om oneerlik te wees,sal lank regeer.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28