Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:4-21 Bybel vir Almal (ABA)

4. Mense wat nie doen wat die Here wil hê nie,prys die mense wat verkeerd doen,mense wat doen wat die Here wil hê,hou nie van die mense wat verkeerd doen nie.

5. Slegte mense weet nie hoe om reg te doen nie,maar mense wat die Here dien,weet altyd wat om te doen.

6. Dit is beter om arm en eerlik te weesas om oneerlik te wees en dan ryk te word.

7. ’n Verstandige seun doen wat die Here wil hê,maar ’n pa voel sleg wanneer sy seun vriende ismet mense wat altyd wil spot.

8. Iemand wat ryk word omdat hy mensete veel rente laat betaal,maak baie goed bymekaar,maar eendag sal iemand anders wat jammer isvir arm mense, daardie goed kry.

9. Wanneer iemand nie wil hoorwat die Here in sy wette sê nie,dan sal die Here dit haat wanneer daardie mens bid.

10. Wanneer iemand eerlike mense verleisodat hulle verkeerd lewe,dan sal dit sleg gaan met hom,maar dit sal goed gaan met mensewat heeltemal reg lewe.

11. ’n Ryk mens sal miskien dinkdat hy baie wysheid het,maar ’n arm mens wat verstandig is,weet watter soort mens die ryk mens is.

12. Wanneer mense wat reg lewe, bly is,dan is almal trots daarop,maar wanneer mense wat verkeerd doen,begin regeer,dan kruip die ander mense weg.

13. Wanneer iemand sy sondes wegsteek,dan sal dit nie goed gaan met hom nie,maar wanneer hy sy sondes bely en ophouom sonde te doen,dan sal die Here weer goed wees vir hom.

14. Dit gaan goed met iemandwat altyd bang is vir die Here,maar dit sal sleg gaan met iemandwat hardkoppig en ongehoorsaam is.

15. Wanneer iemand wat altyd verkeerd doen,regeer oor mense wat hulleself nie kan beskerm nie,dan is hy soos ’n leeu wat brulof soos ’n beer wat mense wil doodmaak.

16. ’n Onverstandige koning verdruk sy mense,maar ’n koning wat dit haat om oneerlik te wees,sal lank regeer.

17. Wanneer ’n persoon iemand vermoor het,dan sal hy moet aanhou vlug totdat hy ook sterf,en niemand moet hom help nie.

18. Wanneer iemand eerlik lewe,dan sal hy veilig wees,maar wanneer hy oneerlik is, dan sal hy skielik val.

19. Wanneer iemand in sy grond werk,dan sal hy genoeg hê om te eet.Wanneer hy dinge doen wat niks beteken nie,dan sal hy arm bly.

20. Dit gaan baie goed met iemand wat altyd doenwat hy belowe,maar die Here sal die persoon straf wat gou ryk wil word.

21. Dit is verkeerd om téén een persoonen vír ’n ander persoon te weeswanneer jy moet oordeel.’n Mens moenie sonde doen nie,ook nie wanneer iemand vir joumet ’n stukkie kos wil betaal nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28