Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:22-28 Bybel vir Almal (ABA)

22. ’n Suinige mens wil altyd meer hê,hy weet nie dat hy arm sal word nie.

23. Wanneer iemand vir jou waarskuen sê hoe jy moet lewe,dan sal jy later vriendelik wees met hom,maar jy sal nie vriendelik wees met iemandwat net dinge sê om jou gelukkig te laat voel nie.

24. Iemand wat sy ouers se goed steelen dan sê hy doen niks verkeerd nie,is ’n skelm en ’n dief.

25. Iemand wat altyd meer wil hê,laat mense twis met mekaar.Die persoon wat in die Here glo, word ryk.

26. Iemand wat dink net hy is reg, is ’n dwaas,iemand wat wysheid het, sal vry wegkom.

27. Iemand wat van sy goed vir arm mense gee,sal nooit te min hê nie,maar wanneer iemand wegkyken nie arm mense wil help nie,dan sal baie mense hom vervloek.

28. Wanneer mense wat verkeerd doen, begin regeer,dan kruip die ander mense weg.Wanneer die mense wat verkeerd doen, sterf,dan word die mense wat reg lewe, baie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28