Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:15-24 Bybel vir Almal (ABA)

15. Wanneer iemand wat altyd verkeerd doen,regeer oor mense wat hulleself nie kan beskerm nie,dan is hy soos ’n leeu wat brulof soos ’n beer wat mense wil doodmaak.

16. ’n Onverstandige koning verdruk sy mense,maar ’n koning wat dit haat om oneerlik te wees,sal lank regeer.

17. Wanneer ’n persoon iemand vermoor het,dan sal hy moet aanhou vlug totdat hy ook sterf,en niemand moet hom help nie.

18. Wanneer iemand eerlik lewe,dan sal hy veilig wees,maar wanneer hy oneerlik is, dan sal hy skielik val.

19. Wanneer iemand in sy grond werk,dan sal hy genoeg hê om te eet.Wanneer hy dinge doen wat niks beteken nie,dan sal hy arm bly.

20. Dit gaan baie goed met iemand wat altyd doenwat hy belowe,maar die Here sal die persoon straf wat gou ryk wil word.

21. Dit is verkeerd om téén een persoonen vír ’n ander persoon te weeswanneer jy moet oordeel.’n Mens moenie sonde doen nie,ook nie wanneer iemand vir joumet ’n stukkie kos wil betaal nie.

22. ’n Suinige mens wil altyd meer hê,hy weet nie dat hy arm sal word nie.

23. Wanneer iemand vir jou waarskuen sê hoe jy moet lewe,dan sal jy later vriendelik wees met hom,maar jy sal nie vriendelik wees met iemandwat net dinge sê om jou gelukkig te laat voel nie.

24. Iemand wat sy ouers se goed steelen dan sê hy doen niks verkeerd nie,is ’n skelm en ’n dief.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28