Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:13-19 Bybel vir Almal (ABA)

13. Wanneer iemand sy sondes wegsteek,dan sal dit nie goed gaan met hom nie,maar wanneer hy sy sondes bely en ophouom sonde te doen,dan sal die Here weer goed wees vir hom.

14. Dit gaan goed met iemandwat altyd bang is vir die Here,maar dit sal sleg gaan met iemandwat hardkoppig en ongehoorsaam is.

15. Wanneer iemand wat altyd verkeerd doen,regeer oor mense wat hulleself nie kan beskerm nie,dan is hy soos ’n leeu wat brulof soos ’n beer wat mense wil doodmaak.

16. ’n Onverstandige koning verdruk sy mense,maar ’n koning wat dit haat om oneerlik te wees,sal lank regeer.

17. Wanneer ’n persoon iemand vermoor het,dan sal hy moet aanhou vlug totdat hy ook sterf,en niemand moet hom help nie.

18. Wanneer iemand eerlik lewe,dan sal hy veilig wees,maar wanneer hy oneerlik is, dan sal hy skielik val.

19. Wanneer iemand in sy grond werk,dan sal hy genoeg hê om te eet.Wanneer hy dinge doen wat niks beteken nie,dan sal hy arm bly.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28