Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Mens wat verkeerd doen, vlug,ook wanneer niemand hom jaag nie.Maar mense wat reg lewe,is so dapper soos ’n leeu.

2. Wanneer die mense in ’n land opstandig word,dan is daar baie mense wat leiers wil wees.Maar wanneer daar ’n verstandige mens iswat weet wat die regte ding is om te doen,dan sal hy lank regeer.

3. ’n Arm mens wat ander arm mense verdruk,is soos reën wat al die grond wegspoel,sodat daar niks is om te eet nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28