Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26:9-22 Bybel vir Almal (ABA)

9. Wanneer ’n dwaas ’n spreuk wil gebruikwanneer hy praat,dan is hy soos ’n dronk man wat ’n doringtakin sy hand het.

10. Wanneer jy ’n dwaas huurof jy huur enige iemand wat by jou verbykom,dan is jy soos iemand wat almalrondom jou wil skiet.

11. ’n Dwaas wat twee maaldieselfde dom ding doen,is soos ’n hond wat terugkom na die koswat hy opgebring het.

12. Wanneer jy iemand sien wat dinknet hý het wysheid,dan sien jy iemand met wiedit slegter sal gaan as met ’n dwaas.

13. ’n Lui mens sê: “Daar is ’n leeu daar buite.Hy sal my vang as ek uitgaan.”

14. ’n Deur draai altyd op sy skarnier,’n lui mens hou aan om op sy bed om te draai.

15. ’n Lui mens steek sy hand in die kosbak,maar hy is te moeg om sy hand terug te bringna sy mond.

16. ’n Lui mens dink hy het meer wysheidas sewe mense wat verstandig kan antwoord.

17. Iemand wat kwaad word en saam twiswanneer ander mense stry,is soos iemand wat ’n kwaai hond se ore gryp.

18-19. Iemand wat ander mense bedrieg en dan sê:“Ek het gespeel en ’n grap gemaak,”is soos ’n mal mens wat brandpyle skietwat mense kan laat sterf.

20. As daar nie hout is nie,dan kan ’n vuur nie brand nie,as niemand skinder nie,dan sal mense nie twis nie.

21. Daar moet hout wees as jy wil vuurmaak,daar moet houtskool wees as jy warm kole wil hê,en daar moet iemand wees wat wil bakleias jy wil hê mense moet twis.

22. Skinderstories is soos lekkers,mense glo graag skinderstories.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 26