Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:4-14 Bybel vir Almal (ABA)

4. As hy weet hoe om dit te doen,dan kan hy die kamers volmaakmet baie kosbare en mooi goed.

5. Wanneer iemand wysheid het, dan is hy sterk,en wanneer hy weet hoe om te lewe,dan word hy nog sterker.

6. Ja, jy moet eers jou planne gereedmaak,dan kan jy oorlog maak,en jy sal die oorlog wen as jy baie raadgewers het.

7. ’n Dwaas verstaan niks van wysheid nie,wanneer leiers praat,dan kan hy nie saam met hulle praat nie.

8. Wanneer iemand planne maak om verkeerde dinge te doen,dan sê die mense hy is ’n man wat skelm dinge wil doen.

9. Wanneer ’n dwaas skelm dinge wil doen,dan kry hy dit nie reg nie,want mense haat ’n persoon wat altyd wil spot.

10. As jy nie weet wat om te doen wanneer dit gevaarlik is nie,dan is jy nie sterk genoeg nie.

11. Wanneer jy sien dat mense gevangenes wegsleep om hulle dood te maak,wanneer jy weet dat hulle sal sterf as jy nie help nie,dan móét jy hulle red.

12. Jy mag nie sê: “Ons het dit nie gesien nie,”want daar is Iemand wat in jou hart kyk,Hy weet wat gebeur en Hy kyk wat jy doen,Hy weet en Hy sal dieselfde aan jou doenwat jy aan ander mense doen.

13. My seun, heuning is lekker om te eet,stroop is soet in jou mond.

14. Die wysheid is ook so,om te weet wat om te doen, is ook so.As jy wysheid kry, dan sal dit goed gaan met jou,en jy sal aanhou lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24